Paperback, Published in Apr 2012 by Cruguru
Page count: 154
Alles het begin toe Tracey se ma ernstig siek begin raak het. Tracey moet haar werk as instruktrise by die gimnasium prysgee om haar ma voltyds te kan versorg. Uiteindelik versleg haar ma se toestand sodanig dat Tracey en haar man, Eric, haar ma by 'n versorgingstehuis moet gaan inboek, met hulle eie geld. Dit begin ook sleg gaan met Eric se werk, sodanig dat sy inkomste heelwat verminder, en van hier af loop alles net skeef in Tracey se lewe. As gevolg van Eric se trots probeer hulle alles van hulle familie en vriende af weghou, selfs toe hulle die huis verloor. Met haar huwelik wat daaronder ly, het Tracey nog haar geloof wat haar deur die diep waters dra, maar selfs dit begin later verkrummel en gee sy toe aan erge versoekinge onder die druk van haar probleme. Later begin dit finansieel baie beter gaan in hulle lewe, maar hulle huwelik het reeds 'n groot knou gekry. Deur alles bly Tracey tog nog steeds lief vir Eric, en wil sy haar huwelik red, maar sy begin twyfel of haar sondes dit sal kan oorkom en sy raak seker daarvan dat haar huwelik in die slag gaan bly. Dan begin Tracey egter leer van God se groot genade en vergiffenis wat ook deurspoel na ander mense en haar selfs aanraak. Met dankbaarheid besef sy egter dat dit ook baie werk van haar kant af gaan verg om gebroke verhoudings weer te heel... Soektog na Liefde is 'n Christelike roman wat handel oor liefde, swaarkry en vreugde, familiebande, versoeking, sonde, genade en vergiffenis."
SEARCHING FOR PRICES...